Ons is ‘n Sprokie
Daar is drome wat ek daagliks droom
van ons wat ‘n lugkasteel bewoon
dan is jy my prins en ek is jou prinses
ons koninkryk staan ver bo die res
Daar’s diere wat praat en voëltjies wat sing
goeie feetjies wat liefde bring
Kabouterhuisies waar die son gaan slaap
‘n uitsig wat jou hart laat kraak
Ek is hier vir jou en jy is hier vir my
kan ek jou vanaand in ‘n sprokie kry
daar waar ons drake kan tart tot die son gaan lê
waar ons met tyd kan speel soos wat ons dit wil hê
Ons kan die heks vertel wat ons van haar dink
en kyk in die reenboog hoe ons toekoms blink
Daar sal ek my lank-gelukkig kry
ons is ‘n sprokie, ek en jy.
Daar’s sjokolade riviere waarin ons baljaar
arbei-huisies bot die hele jaar
Hartseer en seekry is als weg gewaai
en geluk word vrylik uitgesaai
Towerfeetjies wat ons harte vind
wat ons met liefde aanmekaar vasbind
dis ‘n magic wat niemand kan verstaan
in ‘n wereld waar net ons bestaan
Dan vra ek spieeltjie, spieeltjie in my hand
wie’s die gelukkigste in die land
die antwoord wat hy vir my gee:
Dis niemand anders, as ons twee..
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.