Jongste aktiwiteit:

Man van die donker

Hy is die man van die donker
Wat lig uitstraal soos ‘n helder lantern in die oopte
Die man wat my lewe laat klop klop klop
My liefde

Wit perels wat skitter as sy lippe skei
Belofte van heuningsoet kus
Wat veel te wense oorlaat bloed laat styg
Die kleur van my liefde op my wange

Hoe moeilik om hom te weerstaan
Verby die manlikheid en ekstern te kyk
Om te wonder watter euforie
Aan die anderkant wag

Hy is my man van lig
Wat my laat snak na my suurstof
My laat hardloop na die gevare van sy omhelsing
My laat sidder vir die lank beloofde beloning in die toekoms…

Gevaar en veiligheid
Gevange in die grendels van sy aantreklikheid
My man tot in ewigheid.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed