Jongste aktiwiteit:

Die skans

Glimlaggend hartseer bang en so bly
Gaan altyd goed dankie hoe gaan dit met jou
Dans dans die lewe op donder wolke verby
Die glimlag om haar lippe glinster blou

Hoe kan jy weet hoe die tsunami’s dag na dag
Verskeie emosies in haar hart rondspoel
Hoe mag jy sien hoe sy deur innerlike trane lag
En giggel oor hoe die rondomtalie binne haar voel

Verstaan vandag haar kop is altyd na bo
Soms as jy mooi kyk sal jy wel sien wat ek bedoel
Die grond onder haar voete – daar sien jy haar oë
Sien jy soms hoe haar warm hart verkoel

Bitter-soet
Versigtig-tevrede

Sy dans op die ritme van haar hartseer trane
Sy snik op die melodie van haar jubelende drome
Die skans wat beskerm hou ook gevange
Maar dans sal sy dans op die trane strome




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed