Lente
saggies-saggies kom jy nader
skugter briesie dra jou geur
kanferfoelie, petunias, jasmyn en frangipani
jy bring bloureën, sonsoekertjies en wilde salie
om saam te dans met skaam viooltjies in my tuin
jy gooi ‘n bont kombers oor winter skade
bloeisels dartel uit kleure spatsels van jou palet
jy verf helder prentjies oor vaal winters kleed
jy blom voluit teen die blou van Gods genade
nuwe lewe borrel en bruis in jou are
met vinknessies versier jy koorsboom takke
jy bring ‘n tyd om saam te bou
aan iets van ewige waarde
alles maak weer sin
jy bring ‘n nuwe begin
©Evanthe 2017
4 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September - Lente projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Dis 'n pragtige gedig oor die lente, Elroux. Baie goed gedoen :-)