Heuning uit die winter kwas
Golwe spoel oor die geraamtes
van gister
oneindige niks
sonder begin
sonder end
Verdwaalde siele
onsigbare bande
‘n onbekende verlange
vol dorings van rooi en seer
Maar lowergroen
en blink van blad
die wag-‘n-bietjie-bos …
dan gryp ek in die dorings vas
Waar soetsuur herinneringe
verby my skouer skuur
en kleurvol geure
my terug tot die hede bring
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.