Jongste aktiwiteit:

Illusie van Tyd

Waar pas ek en my nietige bestaan
in die groot heelal waar geen tyd bestaan
is daar slegs die hier en nou
is my realiteit ‘n blote nietigheid,
kleiner as ‘n stippel op die maan?

Of draai my wiele om en om
sonder einde of begin
sonder hede of verlede
in die sirkel van my ewige bestaan
hoe maak ek van alles sin?

Wat al was, sal nog weer wees
wie kan tyd verstaan
uit sterstof het ek ontstaan
en as my tyd op aarde hier vergaan,
is daar ‘n ander son, ‘n ander maan,
‘n ander melkweg wat oor my gaan?

Maak teorieë van kwantum fisika werklik sin
is gravitasie en relatiwiteit
in my bestaan ‘n werklikheid
sal ek as onsigbare energie dalk voortbestaan
in ‘n dimensie onafhanklik van ruimte en van tyd,
in ‘n lewe iewers na die dood
waar ek gewigloos oor die maan sal seil
soos die spook van Parmenides,
‘n energie soos waterdamp so yl?




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed