Jongste aktiwiteit:

Lewensbagasie op my rug

Lewensbagasie op my rug

op my eensame pad strompel ek
met sleepvoete waar ek onwillig kaal
die vrag op my rug abba-dra
kruise my skouers bloeiend vergruis
elke tree die voorlaaste een

die bagasie van seerkry wonde lek
waar leuens en bedrog my inhaal
‘n sak vol van tevergeefse vrae vra
valsheid en bedrog met eerlikheid indruis
oor verlore kanse en drome wat ween

elke tree en asemteug my verwurg
teleurstellings en foute vuisslaan
met sonde, dwelms en mishandeling
ingekerf in my onthou membraam
wat dit graag aan Alzeimer wil toevertrou

my bloed wil stol tot diep in die murg
op my lewe kraai die verloënhaan
as die sysies in my ore sonder ophou sing
Iemand roep my in die verte op my naam
as ek onder my bagasie inmekaar begin vou

hurkend onder vrag van geen genade
herinneringe vanaf kinderdae klein
elke dwarshou elke hap uit my gees ken
verlore liefde vergete onvervulde droom
drink ek dors aan die nektar van bitter wyn

knielend in my sonsondergang dade
swetend onder die volpens vrag
wat my tot teen die reuk van aarde pen
my siel hang aan die doringboom
uiteindelik ‘n bagasie van helse pyn

op die ashoop van wanhoop verwyder
Iemand my vrag en kruise van my rug
dankbaar kyk ek op as die lig my omkring
word my skouers se nerfaf genees
drink ek weer die water van die Lewe

vol energie vol nuwe krag op-en-wakker
herlaai Iemand my bagasie en plaas terug
bolpens gelaai met hemelse besitting
liefde, hoop, glo en vrug van die Gees
lig gelaai op my jubelpad waarna ek strewe

bagasie wat ek weer kan dra
bagasie wat my weer kan dra
te dra met vreugde en met lag
in minder goeie tye wat wag




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed