
INK DIG- EN SKRYFKOMPETISIE 2025 – 1 Februarie 2025 – 31 Mei 2025
2025 – INK VIER SY 10DE BESTAANSJAAR!
Kom gee vlerke aan jou woorde en gedagtes!!!
Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ‘n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in ‘n spog bloemlesings opgeneem gaan word, naamlik INKSPRAAK 6, INKSPRAAK 6 JEUG, en INKSPRAAK 6 KORTVERHALE.
Groep 7 https://groep7.co.za/af/tuiste/ , Academy Bushware, Pharos https://www.pharosonline.co.za/ Afrikaans.com https://afrikaans.com/ Penquine books https://www.penguinrandomhouse.co.za/ en Soldiers for Jesus https://www.soldiersforjesusmc.com/ is van ons hoofborge.
Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehalte poësie en kortverhaalkuns in Afrikaans. Besoek gerus die webtuiste (www.ink.org.za) om meer oor INK te lees.
Reëls:
- Die kompetisie is oop vir alle persone van enige ouderdom. Dit is ‘n internasionale kompetisie en nie slegs vir INK-lede nie. Inskrywings word per e-pos gestuur. Deelnemers is ook welkom om ‘n gratis profiel op die INK-webtuiste te registreer. https://ink.org.za/registreer/
2. Slegs oorspronklike Afrikaanse gedigte en kortverhale, deur deelnemers self geskryf, mag ingeskryf word.
- GEEN werk deur KI gegenereer mag gebruik word nie. (indien iemand hulself hieraan skuldig maak, sal hulle gediskwalifiseer en bebrandmerk word.)
- Geen inskrywings mag ook vir enige ander kompetisie gebruik word nie. Slegs nuwe en ongepubliseerde werk (dit sluit enige boek, blog of sosiale media in) mag ingeskryf word.
- Outeursreg moet soos volg onderaan die gedig/verhaal verklaar word:
© Digtersnaam, 2025.
Geen gedigte of kortverhale waarop reeds kopie- of enige ander regte deur enige buitestaander gehou word, mag ingeskryf word nie.
Deelnemers aan hierdie kompetisie en/of hulle ouers/voogde vrywaar die aanbieders van die kompetisie van enige eise of ongeopenbaarde aansprake van enige aard wat mag ontstaan uit die deelname.
- Deelnemers (Volwassenes en Jeug -dws persone 18 jaar en jonger) kan soveel inskrywings instuur as wat hulle wil. Daar is geen beperking op die hoeveelheid nie.
- Die inskrywingsfooi beloop R40 per gedig. (Gedigte mag nie langer as 24 versreëls elk wees nie).
Kortverhale beloop R60 per kortverhaal. Skrywers het ’n oop tema. (woordtelling: 1 000 tot 2 500 woorde per kortverhaal)
Inskrywingsgeld moet in die volgende rekening inbetaal word met die digter/skrywer se naam en van as verwysing:
FNB – Modimolle
Ink in Afrikaans
Besigheidsrekening
Rekeningnommer: 625 885 95036
Takkode: 260 247
Stuur asseblief ’n bewys van betaling saam met jou inskrywing/s na skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com
- NB! Hierdie jaar gaan ons weer slegs 1 afdeling gebruik vir die digters, naamlik Vry-styl. Daar is dus geen voorskrifte of temas nie en elke digter kan sy/haar unieke stem uitbring in hulle gedigte (die hoeveelheid inskrywings is onbeperk).
- Die inhoud van die gedigte en kortverhale mag oor enige onderwerp handel. Gedigte en verhale moet in algemeen beskaafde Afrikaans wees. Taalvermenging word slegs aanvaar indien dit in die konteks van die boodskap, soos die digter dit wil oordra, van toepassing is. Gedigte wat laster en/of onwelvoeglike taal bevat, sal nie vir beoordeling aanvaar word nie.
- Elke inskrywing moet in ’n aparte Microsoft Word-dokument na die volgende e-posadres gestuur word:
skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com –
Die onderwerp (subject) van die e-pos moet duidelik gemerk wees: Ink Kompetisie 2025 + die digter/skrywer se naam en van soos dit in die Bloemlesing moet verskyn. –
- Elke gedig/verhaal moet van ‘n titel (in drukskrif/bold) voorsien word.-
Font: Arial – Grote: 10.
– Kleur: Swart op wit agtergrond.- Spasiëring: Enkel.- ‘n Oop lyntjie moet tussen strofes gelaat word. –
- Moenie elke versreël by gedigte met ‘n hoofletter begin nie, behalwe as die gedig doelbewus so geskryf is.
– Moenie foto’s of prentjies aanheg nie.
– Gedigte met lang verduidelikings onderaan sal gepenaliseer word. ‘n Kort verwysing na ‘n woord of term (bv. ‘n Latynse frase) is wel toelaatbaar.
- EEN gedig/verhaal per word.doc (AS jy dus meer as 1 inskrywing stuur, moet elkeen onder jou naam met die titel van jou gedig/verhaal gestoor word. BV: Sarie: Toorbos)
- Die volgende inligting moet onderaan elke gedig/kortverhaal verskyn:
Die skrywer/digter se naam en van;
Die dorp/stad waar hy/sy woonagtig is;
Die kontaknommer en e-posadres van die skrywer/digter;
Die inskrywing moet duidelik gemerk wees: Volwassenes of Jeug/Skoliere / Gedigte of Kortverhale.
Jeug inskrywings moet asb ook die skool se naam vir ons byvoeg
(Let wel: Deelnemers se name en adresse sal nie aan die beoordelaars getoon word nie. Alle beoordeling word anoniem hanteer.)
Beoordeling: – ‘n Onafhanklike paneel wat die INK moderators, Karen Zoid, die bekroonde skrywer Jackie Nachtegaal (Beskermvroue), Stefaans Coetzee (Beskermheer en Jeug beoordelaar) Johan Lodewyk Marais (Digter), INK moderators en ander insluit, sal die inskrywings beoordeel. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie of terugvoer sal gevoer word nie. Geen gesprekvoering sal plaasvind nie.
Die beoordelaars behou die reg voor om, indien daar na hulle mening te min inskrywings is, of as die standaard nie hoog genoeg is nie, geen wenner in daardie spesifieke afdeling aan te wys nie.
Die prysgeld beloop soos volg:
Algehele Wenners: R3 000 + ’n trofee
Naaswenners: R1,000 + sertifikaat
Derde plek wenners sertifikaat
Vierde plek wenners sertifikaat
Vyfde plek wenners sertifikaat
Daar gaan ook vir 10 DIGTERS & SKRYWERS ‘n publikasie van jou eie bundel deur Groep 7 op die spel wees, wat deur Groep 7 gekies en geborg word.
PHAROS skenk ook ‘n geskenkpak aan 4 digters & 4 skrywers.
Die beste gedigte en kortverhale wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen, word in die onderskeie publikasies gepubliseer. Weens hierdie rede gee deelnemers toestemming vir publikasiereg aan INK asook die uitgewers ten opsigte van die gebruik en publikasie van enige gedigte/kortverhale wat vir hierdie kompetisie ingeskryf word.
Prysuitdeling: Die bekendmaking van die wenners, die oorhandiging van die pryse, en die bekendstelling van die bloemlesings INKSPRAAK 6, sal tydens die jaarlikse INK gala-aand op 15 November 2025 by Batter Boys in PTA geskied (Let asb daarop dat daar akkomodasie beskikbaar is by Batter Boys vir die mense wat wil oorslaap, kontak hulle vir reëlings/besprekings – vir eie sak – asb).
Kort daarna sal die wenners ook op sosiale media bekend gemaak word.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Mei 2025. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie, ten einde die beoordelaars genoeg tyd te gee om deur al die inskrywings te werk.
Navrae kan gerig word aan skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com
- Onthou inskrywings is onbeperk, wie nie waag nie kan nie wen nie! Hierdie is Dié geleentheid om deur ‘n uitgewer raakgesien te word.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.