Jongste aktiwiteit:

INKmoderator vra verskoning

Beste INKers,

Aangesien die bundel nou gedruk en gereed is en al die ander groot projekte agter die rug is, wil ek verskoning aanbied omdat die KRIT afdeling nie genoegsame aandag geniet het die afgelope paar maande nie.

Ek het vandag weer aktief aandag aan die afdeling begin skenk om sodoende gou doenlik op te vang.

Geliewe daarop te let dat elke lid EEN plasing per WEEK aan die krit/opleidingsafdeling kan koppel vir behoorlike debat rondom u werk.

Dit is belangrik dat ons op die beperking van plasings let sodat elkeen ‘n gelyke en regverdige kans kan kry om gekrit te word.

Ek probeer so ver moontlik positief aanmoedigend te wees, maar in die geval waar die kommentaar dalk skerp is, weet net dat dit gedoen word om van u ‘n beter en sterker skrywer te maak, Geen kommentaar word gelewer om u kuns te verkleineer of onnodiglik te kritiseer nie.

Ek sien uit na julle plasings dáár en vra weereens om verkoning is die uitgestrekte stilte, wat nóú genadiglik, op ‘n einde is.

Skryfgroete
IM




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed