Jongste aktiwiteit:

Intermezzo

Intermezzo

Ons weet
die mens wik maar God beskik en
die lewe is ‘n kort maar bedrywige
intermezzo,
‘n tussenspel tussen geboorte en heengaan,
‘n speeltoneel elk speel en kry sy deel hetsy
belangrik of onbelangrik—
Jy kry die hoofrol, of ondergeskikte rol,
jy speel in die orkes, of is die dirigent,
jy is die baas, of Klaas,
goed opgelei of lewenslank Hansie my kneg —
Die gemaklike onbetrokke toeskouer met
sporadiese applous, toejuig, of uitjou want
die beste stuurman staan aan wal – – –
So bepaal Kismet glo jou kort aardse interlude
tussen kom en gaan se lewensgehalte soos
die vulsel tussen die twee snye brood van
geboorte en afsterwe—

Janetta – Helena [Babs]©
( Kismet = Noodlot)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak