Jongste aktiwiteit:

JESUS ♥ YOU

Die uitdagings van die dag
skyn skerp in my oë
en die dag se moets
wag ongeduldig en
die gejaag na die volgende
punt maak my angstig voel

en soos ek die brug voor my nader
sien ek ñ lewensgroot banier
waarop geskryf staan
“ JESUS ♥ YOU”

en spontaan glip ñ AMEN uit
die glimlag op my gesig
met die warm gevoel in my binneste
verander my uitsig sumier

Jesus is lief vir my
om dit geskryf te sien staan
gee my hoop vir die gebroke wêreld
hier om my en ek wil skree
Jesus is so lief vir jou

Hy is lief vir jou
en daardie liefde is al liefde
wat raak vat in jou hart
ñ liefde wat ñ omkeer bring
ñ liefde wat tot Sy eer sing

want ons Koning Jesus
se liefde is dit wat ons
gebroke wêreld nodig het
Jesus is lief vir jou
vir jou
vir die hele jou
met al jou seer
al jou tekortkominge
en gebrokenheid

want net Sy liefde kan genees
Jesus is lief vir jou
vat dit oral saam jou
en jou dag sal handomkeer verander
want Sy liefde is genoeg.

© 2018 C. Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed