Jongste aktiwiteit:

Junie 2019 projek

Beste INKers

Die Junie-projek het met ‘n koue briesie sy tuiste op die INK-webtuiste gevind.

Hooftema: Personifieer “Winter” in jou skryfwerk.

Personikfikasie: Voorstelling van ‘n ding of ‘n begrip as ‘n persoon m.a.w. ons gee menslike eienskappe aan lewelose dinge. Langenhoven het die TYD as Vader tyd gepersonifiseer. Byvoorbeeld die wind huil, die lente trek haar bruidskleed aan.

• Gedigte:

Nie langer as 16 versreëls nie.

• Verhale:

Nie meer as 500 woorde nie.

• Rubrieke:

Wend humor in jou skryfstuk aan.

Nie meer as 250 woorde nie.

• Artikels:

Koppel die hooftema aan enige onlangse nuus.

Nie meer as 200 woorde nie.

Onthou asseblief om jou woordtal en jou stertoekenning langs jou titel aan te dui saam met. Geniet die projek!

Laat ons saam jou in Afrikaans lag.
Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete

Groete
(Die nuwe) INK-moderator

*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed