Jongste aktiwiteit:

Jy is…

jy is die asem in my siel
die kussing waar my gebede kniel

in jou arms vind ek rus
dis net jy wat my vuur kan blus

jy is die heelal waarom my wêreld draai
al gooi die lewe ons ‘n skoppelmaai

voel ek jou hartklop onder my wang
dan verdwyn die vrees, die bang

jy is my veilige plek
waar ek snoesig vroetel in jou nek

jou hande warm en teer
vou in liefde oor my seer

jy is my lewe en my bestaan
alles waaroor my lewe gaan

©Jessica Venter
8/10/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed