
Jy martel haar hart
Wipplank ry hy met jou hart
verby die hemelruim en t’rug
Op en op tot hoog daarbo
saam op die wind se rug
Dan weer af tot vér benee’
die seebodem verby,
waar onsekerheid en twyfel
die oorhand oor haar kry.
Elke uur van elke dag
weet jy hóé sy oor jou voel
Haar liefde suiwer soos kristal,
elke woord opreg bedoel.
In haar oë is jy die wêreld
Op ʼn skinkbord wag haar hart
Jy maak jou baardhaar planne,
maar martel net haar hart!
Al weet sy dat jou woorde
vol leë beloftes is,
gee sy vir jou alles
maar offer jy steeds niks!
Wipplank ry jy met haar hart
rondomtalie met haar kop!
Maak jy van haar hart ʼn moordkuil,
of maak syself die twyfel op?
Op en af ry jy
haar gevoelens sonder stop
Is sy régtig ook jou alles,
of soos haar hart weet net ʼn speelding
om jou jeuk mee weg te skrop?
Dank en erkenning @ Saartjie Bekker
2 Kommentare
-
Okatopi
Pragtig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
'n Werkie wat sommer baie op 'n pragtige manier sê. Vir my pragtig!