Jongste aktiwiteit:

K aatjie krag

In elke dorp is daar altyd een: ’n vrou met karmosyn lippe, kêrels in dosyne, en ’n geheim wat saam met die wind verdwyn.

Hier volg die kronieke van Kaatjie, in klanke van karmenaadjie, kakofonie en karmosyn.
.
KARMENAADJIE
.
K armenaadjie Kaatjie het laatnag geloer na
A l haar kêrels wat kraaiend jaloers was.
R umoer het ontstaan toe sy lekkerbek lag,
M et haar karmosyn lippe en parfuum so sag.
E lke ou in die straat was vas in haar net,
N ie een kon haar klakkeloos uit hul koppe uitkry.
A ltyd was daar ’n kakofonie by haar hek,
A s die mans mekaar storm met mag en mening.
D ie buurvrou het gemompel: “Die is ’n skande, dié vrou!”
J aloesie was vuurwarm, soos braaivleisvuur se vlamme.
I n haar oë? Net pret en plesier, geen berou of pyn.
E endag het sy net stil verdwyn, sonder enige aanskyn.
.
KAKOFONIE
.
K aatjie het nou in Kakamas gaan kuier,
A rme ou mans daar betower en verlei.
K ermis se dansbaan haar nuwe domein,
O nder die sterre, met vonkel en wyn.
F lankeer selfs met ’n dominee én ouderling,
O nmin volg weer soos ’n lied in die nag.
N uwe kêrels kom kraai — dis déjà vu,
I edereen raas: “Wat is fout met dié vrou?”
E n weer het ’n kakofonie die nag verteer…
.
KARMOSYN
.
K aatjie het haar rooi hoed geswaai,
A f in ’n taxi, sonder groet of omdraai.
R umoer het gebly, maar sy het net verdwyn,
M et net karmosyn lippe en ’n glimlag fyn.
O p haar gelaat was daar stilte én sin,
S y het sag gelag soos ’n vrou wat weet sy wen.
Y werig fluister die dorp: “Waar is sy nou heen?”
N et die geur van karmenaadjie Kaatjie bly oor.
.
©MarleneErasmus
18/06/2025




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed