Kaalvoet vlug
Wanneer die ‘silver linings’ grys skakeer
Vlug ek na die maan om my trane te keer
Swem ek op die rug van die wind
Verbeel my ek is maar net weer ‘n kind
op ‘n verlate strand staar na die see se blou
verskuilend in die nag se donker klou
ek’s die meisie in die hoek wat verwronge skuil
wanneer ‘n stoflaag van verlange in my hart kom huil
Soos dreunende donderweer deur die lug
Probeer ek met my laaste asem vlug
Want hier lê ek, sterwend en gewond
Vreet die onthou aan my soos ‘n wurm in die grond
houtskoolflenters &
stoflaag
” Ingrid Jonker”
ONTVLUGTING
Uit hierdie Valkenburg het ek ontlvug
En dink my nou in Gordonsbaai terug:
Ek speel met paddavisse in ‘n stroom
En kerf swastikas in ‘n rooikransboom
ek is die hond wat op die strande draf
en dom-allenig teen die aandwind blaf
ek si die seevoël wat verhonderd daal
en dooie nagte opdis as ‘n maal
Die god wat jou geskep het ui die wind
Sodat my smart in jou volmaaktheid vind”
My lyk lê uitgespoel in wier en gras
Op al die plekke waar ons eenmaal was
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2019 projek