Gelouter
ere, gelouter deur hierdie helse vuur is ek goud of net papier wat soos gras vandag hier is more verbrand tot as vanaand voel ek hier langs die bed van my siek kind deur mens en God verwerp verstaan ek nie hoekom ek hierdie beker moet drink ek weet ek moet U nogtans bly loof […]
Feetjieland
ons praat met mekaar nog net deur stories van prinse en prinsesse en hul glories paleise as wonings koninginne en konings ‘n ridder wat veg teen ‘n draak is dit al wat nog saak maak? ons lag net saam oor legendes van dom rowerbendes dwerge en reuse worse aan neuse Uilspieël se streke verkeerd-om-weke maar […]
Tussen reënboë en doringdraad
ek weet die lewe loop maar só (en meestal vind ek my) tussen engel en kalant sagte soene ‘n oorveeg tussen Edenstuin en Godsverlaat tussen reënboë en ‘n doringdraad © Carma Shaw
Geslypte diamant
Here deur swaarkry slyp U my o Heer die slyp is seer nogtans sal ek U loof want Here ek weet U is naby ek voel U hande rondom my soos ‘n gebed my omsluit ek prys U naam in U heilige teenwoordigheid U slyp my Met U eie hand van ‘n nuttelose rots tot […]
Videospeletjie
blikbrein nou jou enigste maat heeldag laat jy die knoppies met jou praat al waaroor jy nog opgewonde raak is die getal 1000 wat jy op die telbord maak maak niks anders dan meer saak? jy is so vêr van my is die lewe vir jou verby het net bestaan nog oorgebly
Chemo-spook
verlenging van lewe of verlenging van lyding morfien as enigste bevryding naarheid wat in stuiptrekkings kook die beeltenis van ‘n gemaakte spook hol oë wat kyk maar nie meer sien gewillige geprogrammeerde masjien ore wat hoor maar nie meer luister deur spinnerakke toegespin in duister liggaam sonder lewensap al die kanale leeggetap steeds deur naalde […]
Die seepbel van ons saamwees
die tye van ons saamwees die tye van geheime deel vervaag in herinnering die seepbel van ons saam lag die seepbel van ons speel verdwyn plotseling… waar is jy my meisiekind jy wat sonder ophou kon dans nooit kon ophou sing wat so lief was vir die lewe is jou lag nou deel van die […]
Vensters van jou siel
vensters van jou siel dig bedek met ‘n gordyn binnekamers vol van pyn pyn pyn
RIDDERS VAN DIE YSTERPAD SLOTHOOFSTUK
Tiny se laaste rit op die stoom is die Oranje Snel Bloemfontein toe. Toe die roepman hom kom roep het hoor hy dat dit die laaste keer is wat hy vir n rit op die stoom geroep word. Maureen het skelm met die roosteropsteller afgespreek om haar op n manier te laat weet wanneer dit […]
Jy wat deur my vingers gly
ek druk jou benerige raamwerkie vas teen my ek wil nie weet dat jy… stuk vir stuk deur my vingers gly