Jongste aktiwiteit:

Gelouter

ere, gelouter deur hierdie helse vuur
is ek goud
of net papier
wat soos gras
vandag hier is
more verbrand tot as
vanaand voel ek
hier langs die bed van my siek kind
deur mens en God verwerp
verstaan ek nie hoekom ek hierdie beker moet drink
ek weet ek moet U nogtans bly loof
berus in U wil
al is ek van als geroof
Here moet ek bely
U is die Pottebakker
ek net die klei
maar vanaand het ek my einde bereik
is ek nie sagte klei
waarmee U iets kan vorm vir gebruik
In U koninkryk
net potskerwe van ‘n stukkende kruik




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed