
Geslypte diamant
Here deur swaarkry slyp U my
o Heer die slyp is seer
nogtans sal ek U loof
want Here ek weet U is naby
ek voel U hande rondom my
soos ‘n gebed my omsluit
ek prys U naam
in U heilige teenwoordigheid
U slyp my Met U eie hand
van ‘n nuttelose rots
tot kosbare diamant
word ek diep uitgekerf
om te pas waar U my wil gebruik
in die geheimenis van ewigheid
gelouter deur die smeltkroes
word ek weer gebore
vir U koninkryk
DAAROM SAL EK BLY BELY
AL IS DIT SEER
HEER SLYP MY
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie goeie werk, Elroux. :-)