Die seepbel van ons saamwees
die tye van ons saamwees
die tye van geheime deel
vervaag in herinnering
die seepbel van ons saam lag
die seepbel van ons speel
verdwyn plotseling…
waar is jy
my meisiekind
jy wat sonder ophou kon dans
nooit kon ophou sing
wat so lief was vir die lewe
is jou lag nou deel van die verlede
soos water het jy deur my vingers gegly
sal ek jou my vrolike huppel-kind
ooit weer kan vind
of kan ek naar net…
die seepbel van ons saamwees
vasmaak aan my hart se punt
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Dis so hartseer maar pragtig geskryf.