Jongste aktiwiteit:

Basterhart

Gister was sy alles
vandag net ń niks
van die glimlag in jou oë
waar die duiwel lustig is.

Jy het gevat wat jy wou hê
haar menswees en haar hart
voor jou voete neergelê
in barre aarde in gertrap

Deemoedig soos ń slaaf het sy
gegee waarvoor jy vra
Die gat haarself gegrawe
waarheen sy n dooie hart moes dra.

Jou basterhart het haar verraai
terwyl hare suiwer was
Jou beloftes net so omgeswaai
en die randjies ingemars

Tot daar in die doolhof
van jou voorgee bestaan
waar jy geluk en liefde
met aardse goed verwar

daar waar jy in dowwe skynsels
na klatergoud bly delf
krap sy rond in galstene op soek
na oorblyfsels van haarself.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed