Chemo-spook
verlenging van lewe
of verlenging van lyding
morfien as enigste bevryding
naarheid wat in stuiptrekkings kook
die beeltenis van ‘n gemaakte spook
hol oë wat kyk maar nie meer sien
gewillige geprogrammeerde masjien
ore wat hoor maar nie meer luister
deur spinnerakke toegespin in duister
liggaam sonder lewensap
al die kanale leeggetap
steeds deur naalde oopgevlek
al is daar niks om uit te trek
speldekussings van vel en been
spoke van waarom en waarheen
die skepper kom gou
sy handewerk bekyk
met ander uitslae vergelyk
oë wat smekend keer
gaan weg ons kan nie meer
is die vordering tog nie mooi
nog ‘n eksperiment is byna voltooi
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
VERSKRIKLIK IS DIT! HOE KAN MENS SOIETS SKRYF? -- buiten dat dit waar is -- DIS NIE MOOI NIE, DIS WALGLIK! -- én dis besonders goed daargestel -- . -- en daarom moes dit wel geskryf word -- Dankie. GvT