soek-na
oor my duin sak die Somerson rustig – of – dalk so met elke goue oggend kekkel die kolganse luid verkondig hul eie gebied merk hul klankgrense van withuis-muur tot geplaveide straathoek trek hul roep en: ek soek soek na iets wat mooi is positief is nog waar en rein is elke vibrasie […]
oggendstond
soos rivier van goud strek sonstrale vanuit die verre oosterkim versprei dit oor die see oor mense-weë oor skeepsroetes heen silwer kartels van die wind speel in diep-blou golwe reën meeue kartets en skeer oor die bonsende bruisende see ritmies kom sy asem op en af, heen en weer alles op my duin vomeer […]
phil – etairos
skouspelagtig is jou huis gemeensaamheid is julle roep saam maak julle musiek van saamwees saamstaan en saamleef is elke dag jul lees soek iemand na julle, kyk hy net in die Noord-Kaap waar jul samelewing ineengeskakel en aaneen teen telefoonpale, lamppale en bosse pryk die lied wat julle wewervoëls sing is een van […]
lente en hoop (goud)
lente en hoop selfs wanneer dae en nagte ewe donker is met skadu’s wat hul tuismaak in elke sonkol bars bloeisels uit swart brosdorings om die nuwe seisoen skaamteloos te adverteer in bleekgeel en liggroen en samaravrugte swaai helderpienk aan takke om vaal vlaktes te stippel in spatsels kleur soos dié van bessiestroop dan gaan […]
kasteleer – rokeer
kon ek maar – het ek maar slegs een keer in jou lewe mag jy, volgens skaakreëls jouself voorkomend verskuif uit potensiële geweld en dood wanneer jy sien bedreiging raak nou te groot vir jou vir jou en jou koning kon ek maar kasteleer myself tydelik verskuif so ‘n pypkan-stappie maak myself […]
skaduloos (Goud)
laat my woorde wegbreek uit my stowwerige binnekamers met hul skadu’s en geykte woorde laat my vers-lig gaan hang aan bome van lanings aan krip en graf aan lip en oor veerlig soos fëëtjieliggies laat dit ‘n teenwoordigheid word ‘n entiteit wat die nypende melancholie van skadu’s elimineer… …laat my […]
poësie slagveld (Goud)
ons poësie verpletter woorde laat dit splinter in rympatroon-skrapnel die aanslag van ons voordrag koers in bane op die teiken af en laat wonde van perfekte woordharmonie in die binne-oor ons wil ons versreëls bind en vasmaak aan die pantsers van die gevoelige poëtiese siele ons wil diepte skep […]
[Brons] In die As van My Gebede
In die As van My Gebede Ek het U gesoek in die rook, tussen hande gevou van pyn, ’n mond wat vrae bloei in stilte U antwoord het verdwyn. *** My knieë rou teen koue vloere, Psalms lê koud en stom, die Woord het asem opgegee geen God het meer gekom. *** Ek het […]
Elim – Moerawies – Wes kaap
van Enon tot Elim Mamre waar het jou wortels begin van Genadendal oor die Zondagsrivier na Vogelstruyskraal van Hans Peter Halbeck in neëntien elf kom lui Lemmertz die klok in Elim steeds die oudste werkende kerkklok uit Duitsland ingevoer van George Schmidt, eerwaarde Latrobe en Hans peter Halbeck tot grootste Moerawiese Kerk in Suid […]