Jongste aktiwiteit:

Lede bydraesGedigte(Bladsy 92)

    soms is dit onverteerbaar deur die mis van al sy gisters deur nagte se drome en gedagtes opgesomde drome en gedagtes saamgestelde verklarings onweerlegbare hunker na wat was na wat kon gewees het sleurende eensame uitkomste wat vaag sonder enige toekoms wink hunker eerder na mōre se onsekere verwagting waar beloftes nog realiteite […]

    hoe groet mens ‘n fenomeen sê mens: “tot weersiens” aan hom tyd om voor te berei is daar soms nie seldsaam dat jy lank vooruit kan verwag meestal gebeur dit sommer net op die dag dat jy dit nie verwag heen en weer passer mense-siele maal en skaaf hul teen mekaar wat oorbly […]

    gedagtes   swiepende, vlietende oomblikke van terugblik in tandem van tyd oorsaaklike gevolge van hoekoms ook waaroms, gesplete persone   drome   aangename togte op wolkemassas soos wolkomberse in winternagte wat al wat lelik is verberg in visioen wat mooi en verdraagsaam kan wees   realiteit   deurwinterde ervaring van sinisme oorbergse reistogte […]

    die klowe van sy brein raak al hoe groter en wyd fisiese gebeurtenisse beteken op sy breinstempel se databasis gisters word vandag se klaarheid vandag se realiteit verdwyn in mis so kom en gaan die see uitsigte van sy balkon deur digte mis tot helder sonskyndae wanneer alles blink duidelik opklink in Mozartnote […]

    wat verbly jou siel wat laat jou hart jubel laat jou warm van liefde uitbundig van gees wees doen dit, want dit is goed dit maak die gees jonk verminder die pyne van oud wees   wat maak jou dag donker laat duister oor jou son daal maak jou hart sy maat verloor […]

    kierangkierietjies dwarrel oor my duin stofstrepies van onthou die klein speletjies van ouds wat goud in my dageraad bring saam met eerstelig gebeur dit die onthou env erlang daarna om nog een keer jonk te voel regtig uitbundig kleuterjonk uitgesproke kind van mens sonder vrees of trane al is dit net in gees […]

Ek sit op die lowergroen grasperk in my tuin tussen blinkblaar- karee- en olienhoutbome en kyk hoe die blougrys oumans baard hul dooie takke versier, omring met ’n verskeidenheid komplimenterende vetplante, gekontoer in netjiese blombeddings. Die dag roep na stilte terwyl skaduwees tot reuse groei en die laaste strale van die son vleiend blink op […]

    trippel trappel tone klouter jou musieknote deur my siel vanoggend speel jy op jou klassieke snaarinstrument fyn soms neurie wysie soms opruiend heeltyd musikaal perfek gerek van skaal tot skaal diep agter se emosies gaan haal bring trane in my geestes oë van destyds by die stroom waar liefde mos wou woon verklarings […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed