digsel
een droom vomeer in groot storm van emosie dit ruis soos vurige vlamme dit groei soos wilde golwe dit oorweldig die gemoed eenvoudige droom wat lewe laat bewe soos sunami wat vloed oor lewens en wesens bedek groeiiende onrusbarende vreesaanjaende gevoel soos anginapyne wat loeiiend skreeuend skeurend verwoes so is digsel wat verarm […]
gleuf
so duidelik klink jou roep sny dit deur die mis oggendmis by die see namaker van klanke fluit jou geluide helder my verevriendjie aanstons breek die sonstrale deur die mis dan verdwyn jy vervaag jou roep tussen die mensgeluide soos Sy boodskap ook soms in hierdie wêreld se geroesmoes op die agtergrond moet […]
saalsak, meelsak en appeleenoog
in die mond van kinders is julle name vervorm dog jul wonderwerk saam met God het in hul harte bly staan waar ander direk verbrand het is jul drie gered deur jul Hemelse Vader in persoon, in volle heerlikheid was Hy daar Nebukadnezar se drif en drang vernietig sy dekreet dat daar net […]
so so
vraende oë soms eerlik bekommerd hoe gaan dit vandag met jou diepdenkend of sommer lukraak kom die antwoorde – so so of ok min opvolgende vrae – dalk onge-erg of outomaties sosiale doen wat reg is mens moet mos darem vra so so is een anomalie wat min oordra afwykende antwoord eiekennige stilwees […]
Die blomtuin wag #silwer
Die blomtuin wag ‘n Jaar, toegedraai in ‘n papie, het die lewensloop haar rusplek gevind. In stille antisipasie wag sy met grasie. Met brose dapperheid beur sy deur, versigtig, geduldig, sprei sy haar vlerke in die ontwaking van ‘n nuwe blomtuin. Op die wieke van die wind dra sy haar pakkie stuifmeel, sprei sy liefde […]
kloof
daardie kloof van kindsbeen af daarin opgestap eers saam met pa later self geklim en geklim tot ver bo sterre Maan daar bekyk eerste Sputnik gesien wentelinge van Venus en Jupitor gevolg saam met Orion met sy uitdagende swaard droë kloof behalwe met hewige reën dan het die druising van water, klippe en […]
hele
lewe in liefde met jou hele siel met jou hele hart met jou hele verstand naasteliefde in geloof gee sonder verwagting ontvang met dank wees gereed om uitgebuit te word want gee jy vir die menigte sal iemand jou wil beroof naasteliefde begin tuis die Skepper sorg vir die swaeltjies hoekom sal Hy […]
Nuwe mens
Kyk, ek maak alles nuut, sê Hy en spoedig gaan die ou dinge verby. Alles Heer? Ook my gebroke hart? Sien U my pyn, my smart? My sondeskuld wat ek dra? Alles! Ek maak alles nuut ‘n Nuwe hart en nuwe gees as jy My net toelaat om jou nuutmaker te wees. Dan kniel ek […]
ag tog
so onnadenkend die antwoord op jou woorde woorde wat soms seermaak, kwes gedagtes ondeurdag soos ongenaakbare selfsugtigheid in sy eensame duinebestaan om te kan sien wat die ander regtig dink moet jy intrinsiek by hom betrokke raak, en wees, en hom bestudeer naasteliefde begin kort op jou vel jy hoef nie ‘n Lagospriester […]