Peperduur vriendskap …
‘n brief met net ‘n paar woorde op ou gekreukelde papier dit sê jou vriendskap is goedkoop maar jou liefde vir my peperduur
Genade-doudruppels
waar ek verdrink in die oseane wat deur jou are bruis lees ek die uitroep sinne in die diepkyk van jou oë en waar jou asem skor jou liefde oor die naat van my vel kom skryf ook in die boog van jou mond hoor ek die soet van omgee sonder grense so plant jy […]
Nes ‘n skugter veldblom
as jou vingers soos rivier-riete wat met water speel oor die kurwes van my lyf kom lees teken jy nes ‘n blinde liefhê tekens in voelbare Braille vul jy elke dorre bars soos welkome reën sodat ek bloedrooi nes ‘n skugter veldblom kan bot © Anzé Bezuidenhout
ALLETTA BOONZAAIER HOOFSTUK 1
Hier waar ek in my kantoor sit kan ek voel al die onderhoude voer die oggend om vir my n nuwe ontvangsdame/sekretaresse te kry het my uitgeput en moeg gemaak. Ek is al deur snaakse dames vanoggend maar kan nie werklik een kry wat in my smaak val of die vereiste kwalifikasies het nie. Ek […]