Glinster-skroei die pynvlam
Gooi uurglassand uit op die strand voel jy verlore in die gedruis skryf nuwe beloftes oor die skewe woorde Hoor jou hart roep stil in jou gemoed staar na die eindelose nag verlang na die brandende son Op die vloer van jou lewe op die rigting van jou pad om jou voete waar jy staan […]
Huisie van hout
Nes ‘n huisie van hout diep in die woud versteek tussen digte bome weg van oë wat loer Net so is my hart aanmekaar getimmer met spykers van smart Versteek in ‘n wêreld weg van hier en nou diep in digte kou waarin ek dit hou maar binne brand ‘n vuur wat hitte straal en […]
Spoelklippe
R o n d verweer, verspoel en vervorm deur natuur wat spoel tuur en storm die norm skaaf en skuur partikels miniatuur verandering neem jare om sigbaar te kring
Brief aan Chronos
Wat ‘n geleentheid toe jy geskied om jou eie voorkoms te kon kies en vorm in jou eie tyd …eie gebied man, bul en leeu in eenheid gesmee onvermydelikheid aan jou sy verkleef deur oeroue eier wat broei tot see, aarde en lug tyd en ewigheid is verbeeld in grys lokke van tyd Gaia om […]
seemeeu sug
hoe bly jy vrolik my hart as almal om jou huil in smart treurig suig windjie deur gange eensaam brom kransduif vir oulaas oortjies uil swiep neer uit sy hoë nes uit wit geverfde huisies kom musiek glinster liggies soos biggelende trane oor deurskynende wit gordyne wat alles daar binne verklap daar is nog vreugde […]
Kersete fiasko
Kersete fiasko Geskryf deur Jessica Venter Woorde: 797 Adele trek die tafeldoek reg. Sy sug tevrede toe sy terugstaan en haar handewerk bekyk. “Dit lyk feestelik,” sê Niklaas. “Ek dink ook so.” Met die laaste versierings op hul plek, stap sy terug huis toe. “Wat ruik so?” vra Karel. “Die aartappels is in die oond.” […]
Kersfees begin met Christus
Verflou deur die roesmoes van klanke lê gister se seer in stom woorde en onstoke harte Benoud klou ons verwese aan die korrels vergete die doel waarvoor ons geskep en behou word vergete die mensdom in pyn en smart vasgekeer Mag die vars voetspore van vandag en mŏre jul lei na God se see van […]
kerstyd hartseer tyd?
wonderlike geluide van golwe seevoëls en kinders wat baljaar vakansietyd begin vroeg vanjaar kinders wat sandkastele dolwe eergister is grysbokkie omgery hy was daar waar hy altyd wei so ook ou skillie se dop plat gery mensdom wat uitbreek en bevry heel jaar se spanning opgebou vind uiting in onnosele vergryp een fout na ander […]
Ritme van die reën
as onweerswolke saampak op die Namib se horison die oostewind dit aanjaag en dit see se kant toe kom as Zeus met donderslag sy kumulus-tromme slaan met bliksemstraal die ritme van sy simfonie bepaal wil ek pronkend soos ‘n springbok op stywe bene spring die osoonbelaaide lug snuif wat die winde na my bring die […]
Soekend
ons het mekaar gesoek, gevind ons vir ewig aan mekaar verbind beloof om te beskerm, te bemin ons te kokon in hierdie liefdeskring om en om doen ons die dans gryp elk geleentheid, elke kans soms harmonieus, in pas soms verward, in mekaar in vas soms spat ons kringe uitmekaar soos opperman se draaikewers soms […]