Aan die Voet van ‘n Berg
Aan die voet van ‘n berg op die stoep van ‘n huis sit ‘n man met ‘n baard en ‘n pyp in sy vuis en sy oë kyk ver oor die grasvlaktes heen sy gedagtes dwaal wyd soos die wind as dit reën en die son wat gaan lê diep herinneringe op van ‘n huis […]
Sonderlike skepseltjies
I Jou mense-mond Wat skaterlag Jou oë sag Kyk jy vir my ‘n oomblik vry Van wieg en swaai Van gillende lawaai My hart en siel Gesink Hoekom moet jy Ander dae in jouself Verdrink II Kumbaja, my Liewe kind Die wêreld is blind Sonder stem Vingers vasgeklem Voete wat rem Elke klank ‘n Snyende […]
Woordspatsels: Die man met die baard
“Rooi baard, duiwelsaard.” Ek sit ingeprop op die plankbankie en maak kruisies op die staat se groen vorm. As ek nog wettig wil rondry moet ek vandag eers hier luier. My oog gewaar die wit papiere wat skel skree, “Buitewerking!”… Die man met die baard tref die sitplek met ‘n gru-grom. Sy wenkbroue hang onderstobo […]
Die mens en sy grense
Oop lê die lewe se vlaktes van elke mens en al wat ons moet doen is om vorentoe te tree met genade ransoen en om vreedsaam te versoen Die keuse tog so eenvoudig word gelaai met swaar en plig wat ons self opsaal en dan wil sug oor die vrag op ons rug vasgesluit met […]
Heilige teenwoordigheid
U saffraan oor my in lilakleur wat U heerlikheid en heiligheid se teenwoordigheid proklameer
Tolbossie
Ek tolbossie oor die sand ongeankerd My spore toegewaai My roete onbespeurd Trippel stippels die enigste aanduiding dat iets hierlangs beweeg het iewers heen
Ontslape oorblyfsel (Vonkelnuutvry)
Na jou het kil koue soos vloedreën in my hart opgedam. In die leemte daarbinne het woedevlae waansinnig soos pokke opgevlam. Spyt het my vuurspuwend met die stiegriem gemoer wyl wraak my vermaaklik deur sluwe oë beloer Tussendeur die gille van ‘n gebroke inner-ek en ‘n verkulde beterwete wat my met blaam bevlek, het ek […]
Capucine se laaste tree
Motors flits soos dominoes vallend deur die nag, voetgangers haastig elk na ʼn eie lot oppad. . Agt verdiepings op staar sy af deur ʼn misvlaag – die uitsig asemrowend soos ligte van Lausanne die aandsfeer aanraak Die lug voel dun en kil vanaand – haar asem koud met elke teug soos die winterbries haar […]
Vloed
Silwer blitse dans vanaand Op die afgrond van my krans Waar skadus in die ou jy skuil geraamtes in my hart kom huil Swygend, leeg, my noodkreet As ek verwronge-siel moet heed My onderskraging steeds riskant ‘wyl jou leuens in my nog brand Bliksemstrale gesel vlees In die gange van my wees Gisterswoorde ewig vervals […]
Eensaam
Wanneer die abstrakte afwesigheid van jou frekwensie-draende teenwoordigheid soos bliksemstrale deur my verlate kosmos eggo om verduisterde vlaktes te verlig, weet ek; nou dat jy weg is is alles weer reg. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou