Een asem
Diep teug ek tot lug aan my longe lek Dan stadig asem ek uit dat dit gebruik Aansluit by die groot eenheid wat die aard-atmosfeer omsluit ‘n Gedagte flits – deur wie se longe gaan my asem nou rits
wit hond byt seer
sy tande verberg glip deur jou vel priem deur jou lyf maak jou gou lam dra jou soos hy wil verdamp soos gas gooi jou waterpas verlore geveg vel knor hy vir jou dan luister jy so-nie is jy weg reguit hel toe moet nie stop reguit sy slaaf wit hond(blits) verdra nie onreg ©Teárlach
tone
van sit of staan sê ou tannie is lê die beste maar lê help ook nie as tone wil dood dan wil hulle blykbaar ongeag posisie van bene of lyf der-dom van ouderdom ©Teárlach
in wêreld
gif van wêreld suurdeeg deur alles deur liefdes verklarings oor grense van geloof heen groei binne vrugbare aardes van selfsugtigheid en trots valsheid minus integriteit stig vure van agterdog grenslose jaloesie skindertonge vlamme wat my laat terugstaan: nie van die wêreld ©Teárlach
– KLIPPIE
KLIPPIE Klippie… in die middel van my heelal in die middel van my bestaan weet presies waar is ek uitgehaal net U weet waar ek heen sal gaan klippie…spring… oor en oor gesê ek kan keer op keer gefaal aan vele versoekings blootgestaan my sondes groot en rond gebaal klippie…spring…spring… U woord deur my gedagtes […]
DIE PIENK HOED
DIE PIENK HOED het ‘n hoed gesoek maar siamees gedagtes plak ‘n pienke soos ‘n heilo op my kop deurmekaar emosies bymekaar gegryp hier waar ek nogmaals voor jou bed moet staan ‘n slap verlepte hoed versier met ‘n kitch kunsblom ‘n duif se veer beverf met ‘n pou se pronk probeer so hard die […]
Maan sprokie
Die maan blom in goud oor die lewenswoud en luister stil na die nagkoor skadu’s trek langbeen waar die nag begin gaap en die vermoeide droomloos vaak raak Sy geel gesig skuur vlugtig teen die son se bloswang as hy verby haar gly waar sy opstaan en op die blomme rus trane van die maan
Twyfel
O, wat ‘n doring in my vlees om al een te wees wat blykbaar twyfel Wonderskoon die droom om nes die mensdom om my, perfek te troon Ek stap alleen my hindernisbaan van lewensbestaan met vlaktes om my heen Gevul met doringtakke vol trane, twyfel en pyn terwyl ek wag vir sonlig om op my […]
Saggies blom
Sag in bloem van helder groen Die doringboom waar ek woon Dit bot in fyn saggies blom wat op takkies vorm sonder smuk Mag my menswees en my gees nes die stekelboom saggies blom Vertroue en geloof is van my geroof dalk kan groen vir my profeties bloem
In nagedagtenis (2)
Ek vind jou telkens teen die hange van ‘n Overberg, ek roep jou naam en hoor hoedat jy antwoord gee. Jy reënboog oor die vlaktes en valleie – daar waar jy verbonde met lig se breking smee. Jy vloei in riviere af – strome wat kronkel deur klowe en ‘n poort, vloed wyd oor dale […]