In my gesig
In my gesig In my gesig bewustelik aspris s l u l i s t i g k o u d vrees niet meer lastige ongeduld suis ystervrou lyflik heilig bloed bedek vloei superieur arterie gekettingde bidsnoere beloftes bekragtig staatmaker onvoorwaardelike liefde reddende behoud telkemale op via do la rosa soli deo gloria ©Berna 29.11.2017
Die pad na ‘n man se hart
Die pad na n man se hart sê hul ‘n man se pad na sy hart gaan deur sy maag daarom met my voorskoot aan begin ek my liefdesdis vir vanaand ek dans eers ‘n polka huppel met die klitser as my mikrofoon en sing uit volle bors hoe lief ek jou het meel vlieg […]
Fyn – soos fynbos
Ek sien jou staan teen krans en klippilare. Daar is fynbos in jou arms en jou vel is soos ivoor. Die winterson toor heuning en amber uit jou hare. Die aarde is van jou bewus – sy weet jy is ‘n kaalvoetkind wat net partymaal skoene dra. (Sy ken jou vrae, maar elke antwoord hou […]
In die holte van jou hand
In die holte van jou hand ek sit voor my doek met my sleutelbordkwas wat oor dit gly delf diep in my digwoordeboek na woorde sinne strofes op soek meteens borrel dit soos uit ‘n fontein vloei deur gedagte-kabels sag en fyn spoel oor na gedagtes ‘n nuwe skepping wat ek vingertip op die skerm […]
My spieëlbeeld
My spieëlbeeld ek kyk na jou en sien jou uiterlike raak jou slierte hare jou sproete jou skewe neus wens ek kon daardie knop knieë vervang met welvorming en jou onvolmaakte lyf sê ek wens ek kon jou verander sodat almal jou daaroor beny nou praat ek met jou my spieëlbeeld jy dink praat motifeer […]
Woorde
Ek probeer vir jou ‘n liefvers skryf met net die mooiste woorde sterre soos soete akkoorde gepluk uit die hemelruim Ek wou vir jou sê hoe diep my liefde vir jou lê maar die woorde om so mee te toor het ek vir ewig iewers verloor Flenters, in die wind verwaai splinters sonder logika of […]
Laatnagvers
Laatnagverse neem soms sonder plan of plot in ondeurdagte woorde vorm aan in my kop as die winterswind se ontstuimig gewoed kom nesmaak in my verwarde gemoed of die droewe lament van ‘n eensame uil weerklank vind in die eensaamte wat ook in my binneste skuil soms kry my vers ‘n melodie word die fluistering […]
As ek maar kon
As ek maar kon… Wanneer snags dwarrelwoorde soos vals akkoorde rondmaal in my kop in ‘n rondomtaliedans om bevryding smag ek die grootsheid van die heelal wil besing hulde aan die engele wil bring in my digterlike onvermoë om reg te laat geskied aan die suiwer vers wens ek dat ek Apollo was om met […]
Branderwoorde
Vloed en eb beweeg deur siel en gees stort uit oor die strand se lewens sand Branderwoorde bly rol en rol die strand vol maar letters is hol Hul betekenis in tyd hul waarde kwyt op die lyn van verslyt Spoel op spoel bly dit woel maar die hart bly immer koel
Tinktinkie
Hoor… Hoor jy dit? Die fyn getik tik van ‘n tinktinkie se pik Hoor… Hoor jy nou? Die liefde roep jou Roep ‘n hart so flou Hoor… Luister gou na die roepstem van opregtheid en trou Tinktinkie fyn met jou lyfie klein hoe vind mens liefde so opreg, skoon en rein?