Woorde
Ek probeer vir jou ‘n liefvers skryf
met net die mooiste woorde
sterre soos soete akkoorde
gepluk uit die hemelruim
Ek wou vir jou sê
hoe diep my liefde vir jou lê
maar die woorde om so mee te toor
het ek vir ewig iewers verloor
Flenters, in die wind verwaai
splinters sonder logika of sin
waarheen al die woorde is
sou ek maar net kon raai
Vergete soos vergane skepe
iewers diep in die kelders van die see
het my liefdeswoorde verdrink
vir altyd weggesink
Soekend rigtingloos
moet ek my maar altoos
op gewone taal verlaat
gewoonweg met jou praat
(Dank/Erkenning aan Koos Du Plessis virgrepe/aanhalings/metafore uit sy gedig –Kinders van die Wind en Boerneef – Die Berggans het ‘n veer laat val)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek