Jongste aktiwiteit:

Laatnagvers

Laatnagverse neem soms sonder plan of plot
in ondeurdagte woorde vorm aan in my kop
as die winterswind se ontstuimig gewoed
kom nesmaak in my verwarde gemoed
of die droewe lament van ‘n eensame uil
weerklank vind in die eensaamte
wat ook in my binneste skuil

soms kry my vers ‘n melodie
word die fluistering van die see ‘n harmonie
maar my kosbaarste vers kry sy beslag
in die ritme van jou hartklop
wat met myne versmelt in die donker nag
en ons asems een word met die see en die wind
wat ons nou en vir altyd aan mekaar verbind.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed