‘n Dun mistigheid
Sterre wat skiet in dikdonker nagte rookwolke van mis vee borrelend in vanuit die see die wit duisternis gee mee Saam met die wind ry witperde skuim met die son wat wasig skuil agter ‘n seilboot wat suil Wit is die wêreld van outydse weë en ‘n treurige wals is die vroeë mŏresee
Desember 2017 projek – Kersfeesvieringe
Dié tyd van die jaar het weereens aangebreek…’n feestelikheid wat vir elkeen sy eie sjarme en sentiment inhou. Die opdrag: Digters: Skryf ‘n gedig wat in ‘n kerskaartjie ingesluit kan word. Die tradisie van kerskaartjies uitstuur is stadig besig om uit te sterf as gevolg van die gebruik van allerhande elektroniese weë. Kom ons poog […]
Wandelgang
Weemoed wandel vandag deur my gedagtegang en pluk knaphandig aan my hartsnare Jy ‘n monseigneur wat spesialiseer in sake van die Heer stel my opnuut teleur Vertroue nie meer te vind vir my, onder aardse kind wat met leuens verslint en menswees vermink Jou voorgee was onkreukbaar en woorde eens eerbaar hier trek heilig nou […]
Patos
‘n Reis onderneem langs wilde roetes is die een van besieling want hartstog ontkiem daar waar dit vind dat dit kan blom sonder tong en stom is soms luider as sonlig vir ‘n blinde of as liefde vir n onbeminde
Fontein
Dit fontein in my gemoed die lewe is mooi elke dag is soet Die wêreld ‘n oase van natuur en dier wat lewe versier Dit fontein in my brein om positief te sein al verduister my son en as die nag kom fontein slaap oor my dat ek vrede kry
Winterkoms
blaas jou grassade van die Ooste tot Weste oor dorre rooi grond heil die winterkoms laat kabbelende strome sag suis in kraters en wild waai jou kou’ winde deur bome en ou blomme strooi jou doodsblare van die Noorde tot Suide langs lopende waters (HAIKOE-TANKA-HAIKOE) © Carla Visser 28.11.2017
tydloos
soos golwe in drieë of getalle van vyf die strand nader so is die jare van ‘n mens ook van seun na pa en oupa tot oupa grootjie min sien ooit verder so bou golwe op in krag so neem hul krag ook af val soms soos karthage en romeinse ryk in eindelose rommel neer […]
VEERTIEN SOENE NET VIR JOU
VEERTIEN SOENE NET VIR JOU Vers1 Veertien soene net vir jou betowerende liefling om vas te hou gee ek ň rooi bos rose om jou te behou verlang ek na my eie nooi smag ek na haar sagte lippe rooi Vers2 Veertien soene net vir jou betowenrende liefling om vas te hou mooiste toekoms vir […]
DIEP IN MY HART
DIEP IN MY HART Vers1 Diep in my hart is ek nog ñ kind wat strewe na drome in die wind waar sal ek weer my liefde vind dat ek my drome vas kan bind vers2 diep in my hart is ek nog ñ kind wat my drome tog eendag sal vind vasgevang in my […]
Tafelberg
TAFELBERG Van Hunks het sy pyp gerook en party dae goed gestook met die tafel gedek met digte mis gemuff en gepuff met mening gewis ander dae laat geslaap beslis verslaap en die skoonheid het die berg in omhelsing omvou as ons by die Waterfront koffie en skonsie laat trou Kapenaars, besoekers, toeriste kuier saam […]