Jongste aktiwiteit:

Desember 2017 projek – Kersfeesvieringe

Dié tyd van die jaar het weereens aangebreek…’n feestelikheid wat vir elkeen sy eie sjarme en sentiment inhou.

Die opdrag:
Digters:
Skryf ‘n gedig wat in ‘n kerskaartjie ingesluit kan word. Die tradisie van kerskaartjies uitstuur is stadig besig om uit te sterf as gevolg van die gebruik van allerhande elektroniese weë. Kom ons poog om hierdie gebruik te laat herleef. Jou gedig kan in enige vorm, enige rymskema en enige onderwerp wees, solank dit ‘n werkie is wat in ‘n kerskaartjie sal kan verskyn.

Skrywers:
Skryf ‘n humorisitiese storie, nie meer as 800 woorde nie, oor die familie wat vir kersete saamkom en dinge wat skeef loop met byvoorbeeld die voorbereiding van die kos of ‘n familie rusie. Jy mag jou eie strorielyn kies en hoef nie van die voorbeelde te gebruik nie solank dit humorities is.

Rubriekskrywers:
Skryf ‘n rubriek (nie meer as 800 woorde nie) oor enige onderwerp aangaande die feesseisoen. Maak die inhoud interessant met leersame feite.

Skryf in Afrikaans, dis die regte ding om te doen!

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Groete
Projekbestuurder




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed