Wandelgang
Weemoed wandel vandag
deur my gedagtegang
en pluk knaphandig
aan my hartsnare
Jy ‘n monseigneur
wat spesialiseer
in sake van die Heer
stel my opnuut teleur
Vertroue nie meer te vind
vir my, onder aardse kind
wat met leuens verslint
en menswees vermink
Jou voorgee was onkreukbaar
en woorde eens eerbaar
hier trek heilig nou swaar
in die valsheid gebaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.