Verlange
Ja ek weet dit is seker al
te veel
oor en oor en oor
oor gedig
en niks wat ek sê
is nuut nie
en niks wat ek sê
gaan enige iets
verander nie
maar ek mis jou
soos my voete dit mis
om kaalvoet in die dorp te loop
en my longe dit mis
om skoon vars lug in te asem.
Ja ek mis jou
soos blomme skoon reënwater mis
en visse
vars damwater mis.
Ek mis jou meer
as wat ek weet hoe om te sê
al weet ek niks
sal my help
om jou te laat verstaan
jy is al een wat ek wil hê.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.