Vrou
Ek weet jy stap deur tuine waarin daar skadubome is, verby laventelbos en lelies in die blom. Die rose wys hul mooiste kleure net vir jou en ballerinas* dans jou agterna. Die blomrok wat jy dra vou saggies teen jou lyf, die wind speel met jou hare wat (effens wild en vry) verby die ronding […]
Namib se stilte
my siel smag na die stil woestyn soos ‘n hert smag na die beek waar ek soos in ‘n blink fontein my dorre gees kan week waar doloriet die koppies kruin en in verlate, vlak valleie, vaal gebleik en bleek, die blou lug in spookpoele kwyn waar swart gewelfde rante die roomwit vlaktes kelk waar […]
Kersgroete uit die Namib
Ek pluk vir jou die blinkste ster uit die Namib se hemelruim soos die een in Bethlehem lank gelede in die Judea-woestyn om vir jou die lig te wees aan jou voet die weg te wys waar jy op vreemde paaie reis sodat jy in gees met my kan wees in hierdie kersgety ©Estelle Rubow […]
Die Namib se stilte
Die Namib se bekoring lê vir die meeste mense in die sensuele lyne van die duine en die subtiele spel van lig en skadu. Wind skep ‘n voortdurende wisselende tafereel van lyn en vorm wat herinner aan romerige sjokolade met rimpeleffekte wat fotograwe mateloos bekoor – ‘n skildery met ‘n sagte hand geskilder, elke dag […]
van brood
in die bakhuis van la fontaan ruik jy suurdeeg strate alom gis brode wat uit oonde kom gebak deur bakkers van faam ver en wyd het kopers gekom plaas botter en brood so vars gemaal uit die koring en gars ander bakkers staan verstom la fontané se naam het versprei broodwaens ry steeds elke dag […]
Kersfees
God se seën soos Kersfees reën bevrug die dorre aarde laat nuwe lewe uitspruit in ons honger harte uit die niet skyn ‘n lig oor ‘n land wat donker is word op jou en my gerig laat hierdie Kersfees onverganklike sade van woord en dade op barre aarde val voed botsels met gebedswater plant hierdie […]
Die padlopers in my lewe (1)
Buite op die sypaadjie in die winterkaal Plataanboom maak dieselfde duifiemamma vir die afgelope 5 jaar haar nessie. In uiterste omstandighede bly sy sit tot haar kuikens groot genoeg is sodat sy uit die koue uit son toe kan gaan vir die res van die winter. Omdat sy die toonbeeld is van ‘n superma soos […]
versugting
oranje blanje blou wie kan dit onthou dae van voorspoed veiligheid geen vrees van kleins af so gewees jare na die groot oorlog jare van stryd en vasbyt jare van verskil maak baby-boomer-jare tot kleure verander in swart-groen en geel jare van afbreek en verguis jare van afkraak en verdag-maak jare van onrus en volksmoord […]
Daar is ‘n Koning
Mag jul feesgety gevul wees met liefde, saamwees en lag die wonder van Kersfees is die grootste geskenk aan familie en vriende ‘n Tyd van omgee en jubelende dankbaarheid in die klein kring van ‘n kers se lig lê vrede en waarheid Mag die blye boodskap aanhou in jou hart mag jy skitter en volhard […]
H O O P
hosannas beier deur die sterrenag herdenk die heiligheid van hierdie aand met leë woorde doofstom klanke op die pelgrimstog van H O O P hulde word gebring met wierook, goud en mirre word die stal gevul met reuk van gras genade uitgestort want Vrede die kan ons nie koop sonde word versoen van krip tot […]