![](https://ink.org.za/wp-content/uploads/2017/11/C2569467-4D92-400A-B1FB-25616ADB570F.jpeg)
Tafelberg
TAFELBERG
Van Hunks het sy pyp gerook
en party dae goed gestook
met die tafel gedek met digte mis
gemuff en gepuff met mening gewis
ander dae laat geslaap
beslis verslaap
en die skoonheid het die berg in omhelsing omvou
as ons by die Waterfront koffie en skonsie laat trou
Kapenaars, besoekers, toeriste kuier saam
Tafelberg met hemel en see, huise en geboue omraam
bote en skepe hou wag as golfies teen hul klots
branders wat speels of met magsvertoning teen rotse bots
die mallemeule draai terwyl die kabelkar hoog teen die berg op
vele asems laat snak as dit die hoogte in top
en bo die verruklikheid as Tafelberg sy verrassing rondomtalie wys
360 grade see, skepe, geboue, arena en Kaapstad op sewende wonder se lys
bergklimmers se droom en ook vir vele fietstrappers
die skoonheid van twaalfapostels en ander wandelpaaie vir stappers
Sondag luier van motors en net sit en kyk na die sonsondergang
fynbos met wildsreservaat, Fauna en Flora, Kaap van storms waaroor wolke hang
Tafelberg kyk af na sonbaai, swem, hengel, stap, branderplankry
‘n warboel, deurmekaar, altyd besig wees, liggies en naglewe wat met mekaar vry
standvastig, baken, trots, staan jy altyd gedek vir die oë opgetooi
waarheen ek met trots Suid-Afrikaner almal vir ‘n besliste kuier uitnooi
©Kopiereg Linda du Plessis 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.