Seeskulp
Seeskulp Jy skulpklap my toe fluisterend neuriesag ares skoorvoetend gesaghebbend verklaar pérel omkelk sintuiglik verblind sypelende strome soet die nektar van aphrodite septer oorwinnend s k i e l i k pêrel kwyn skulp verdwyn asynsuur wyn by eilandverlatenheid ©Berna 26.11.2017
Wie sal verstaan
Wie sal verstaan Wie sal verstaan ken jy my hart vinnig om uit te deel swaar om te ontvang op jou perdjie spring jy al gallopende weg riem telegram berigte doen die ronde sappige skindernuus verkoop as waarheid opgevreet soos soetkoek in kring van spotters skoen aan ander voet trippel soos stout kind blaas op […]
Kaalvoet kind
Kaalvoet kind Kaalvoet boor my tone in sand warm sand van stof is jy gemaak trek my knieë onder my ken in teken prentjies met my vingers speel-speel droomverlore ‘n Briesie raak baldadig maak golfies oor my pad sit ek en mymer in beswyming betower deur ‘n spel skielik waai sand in my oë my […]
Jou stilte
Jou stilte weergalm oor die vlaktes van my brein die reseptors vang geen sein als maak nou sin maar die sin is woordloos al kan jy spel want die letters staan een vir een…af-geêts
Bottervliegie
Bottervliegie fladder flap dis in my maag waar jy dinge omkrap My brein bly spin oor die liefde wat jy bring terwyl my hart net aanhou sing Bottervliegie vlieg vinnig nou sodat ek my liefie kan onthou tot hy my weer styf vashou My hart speel tamboer vir die troebadoer wat my hartsnare roer
Was daar maar
Was daar maar ‘n land waar drome en verlange kon klots om die voet-end van ‘n rots Ja ‘n plek waar twyfel verdwyn soos mis voor die son as dit vroegoggend opkom Daar waar herinneringe bot in onthou genot en hartseer kwyn in die son se skyn maar realiteit is my lot en als word […]
Eens was alles lig en vry
Ek loop kaalvoet – verby koraalboom en granatebos. Die wit roos skud haar blare los oor die warm teer. (Skerp klippies maak my voete seer) Tot by koue water, sagte sand, meeue oor ‘n weskusstrand, die hete son. * En nes skulpgruis wat aan enkels klou en merkies maak, só voel ek jou nog aan […]
Hart’s kiekies deur Lynelle Clark
Hart’s kiekies deur Lynelle Clark Kliek – en nog ‘n terug flits so duidelik soos die vorige. Kliek – wens jy was hier. Kliek – vergeet van hom. Hy het. Kliek – Soos kortstondige flitse spoed ons verhouding voor my verby. Elke keer dat dat ek my ooglede knip, is daar nog ʼn herinnering; nog […]
Lentetango
rooi veldblomme dans eksoties groen stingels ontspannend en gebuig na die son in stywe omhelsing musikale voëls jazz in die agtergrond speelvol tjiee-tjiee-tjiee die sonbesies saam in die lentekonsert aan-en-af wieg wilde geure uitlokkende fynbosgeure skop en val opwindend staar ek na die vertoning sensuele lente is kokend elegant lei sagte blomme my in hierdie […]
Karoo-diamant
groen karoo hou haar seldsaam haar koolstofpaaie glimlag broos tussen die groot karoo-bosgapings watervalle met hoë brekingsindeks skuil agter geharde A4-struktuurberge haar karoo-steen in fassetvorm geslyp waardeur invallende blomme weerkaats laat haar vlekkelose lug skitter gee haar juweelland ‘n skoonheid klein karoo, jy is ‘n diamant © Roeline Ek het navorsing gedoen en dis die […]