Jongste aktiwiteit:

Wie sal verstaan

Wie sal verstaan

Wie sal verstaan
ken jy my hart
vinnig om uit te deel
swaar om te ontvang
op jou perdjie spring jy
al gallopende weg
riem telegram berigte
doen die ronde
sappige skindernuus
verkoop as waarheid
opgevreet soos soetkoek
in kring van spotters
skoen aan ander voet
trippel soos stout kind
blaas op bolwange
hoe durf jy dit waag
gooi gekruide woorde rond
vreeslik verontwaardig
ek sien dwarsdeur jou
fyn lagie vernis
diep krake
duidelik sigbaar
kry dan maar jou ry
hou verby my
het jou soort nie nodig
nie beīndruk
soek jou smartvrate
miskien hang diè aan
jou vals lippe
hupstoot vir enorme ego

©Berna
01.07.2017




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed