Jongste aktiwiteit:

Kaalvoet kind

Kaalvoet kind
Kaalvoet boor my tone in sand
warm sand
van stof is jy gemaak
trek my knieë onder my ken in
teken prentjies met my vingers
speel-speel droomverlore
‘n Briesie raak baldadig
maak golfies oor my pad
sit ek en mymer
in beswyming
betower deur ‘n spel
skielik waai sand in my oë
my visie belemmer
kom boelie my weer
verinneweer my wêreld
jou maaifoedie
koggel my jou heks
jy bly steel my vrede
my sielsgeluk
jou orkaan het als verwaai
sit op jou troon
smaad en hoon gaan verby
pasop vir neertuimel
jy bly waarskuwings ignoreer
jou meerderwaardigheid
is die spyker in die kis
wie sal triomfeer
geen wenner in siekspul
aan die einde van die hoofstuk
opgetel uit die ashoop
word weer in ere herstel
meervoudig vergoed
indien jy getrou sou bly
©Berna
14.10.2017




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed