Die winter is niks.
(2017/07/28)
Die winter koue buite
buite my
is niks in vergelyking
met die koue koue binne
binne die gat in my
wat gegrawe is
die dag toe jy
weg is
dood is
en ek gedwing is
om te moet weet
dat daar geen manier
geen kans is
vir jou
om ooit
ooit weer
my in jou warm
warm arms vas te hou.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.