Seeskulp
Seeskulp
Jy skulpklap my toe
fluisterend neuriesag
ares skoorvoetend
gesaghebbend verklaar
pérel omkelk
sintuiglik verblind
sypelende strome
soet die nektar van aphrodite
septer oorwinnend
s k i e l i k
pêrel kwyn
skulp verdwyn
asynsuur wyn by
eilandverlatenheid
©Berna
26.11.2017
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek