Jongste aktiwiteit:

Lentetango

rooi veldblomme dans eksoties
groen stingels ontspannend en gebuig
na die son in stywe omhelsing

musikale voëls jazz in die agtergrond
speelvol tjiee-tjiee-tjiee die sonbesies
saam in die lentekonsert

aan-en-af wieg wilde geure
uitlokkende fynbosgeure skop en val
opwindend staar ek na die vertoning

sensuele lente is kokend
elegant lei sagte blomme my
in hierdie tango-opvoering

waar kruiereuke vlamoranje spring
en veldaroma tango wildwarm oor my lyf
lentedans is hier

© Roeline




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak