in absentia (silwer)
in absentia by ’n lang tafel waar agt kan sit is slegs twee borde gedek want die kinders het laat weet hul vier Kersfees op ’n ander plek © Hester Steenkamp
Somerseisoen (Silwer)
Somerseisoen Kersfees word gevier met ’n braaivleisvuur en oor strande speel branders ’n klokkespel Met koue waatlemoen in ’n somerseisoen kom families saam om seëninge te tel © Hester Steenkamp
Kersdag in die Droogte
Kersdag in die Droogte Dis Kersdag. My boerman is vroeg uit om die diere voer te gee, en ek sit op die agterstoep met ’n koppie koffie. Terwyl ek oor die droë veld uitkyk, sien ek die brosdoring helderpienk teen die vaal van die veld. Die kontras laat snak my na my asem. Soos ek […]
Helder ster (goud)
Dis heerlike Kersfees, nog ’n jaar is verby, ons hou weer vakansie, net ek en jy. Ons luister na golwe, ons braai op die stoep, tot die Ster van Betlehem na ons roep. © 12/2024 Caren Kearley
Vir jou my lief (Goud)
“Kersfees klokke sing ‘n sagte melodie, sterre dans in heilige harmonie. Ek pluk die helderste een vir jou, my lief, om in jou hart te hou.” © 12/2024 Caren Kearley
hoekom jy ʼn geskenkbewys kry (brons)
ʼn hoëveld-donderstorm wat skielik elektries losbars en stroompies deur mekaar laat vleg pas moeilik in ʼn kersfees-geskenkboks
plastiek vrolikheid (brons)
blinkers, feeliggies en geskenke omring ʼn plastiek boom vir kersfees in die plek van vrolikheid sien ek net al die nuut-vermiste name
Geskenke (138 woorde)
Omdat ons geliefd is, word ons heeljaar lank bederf. As jou hart en oë oop is, sal jy Sy geskenke vir jou unieke gees beleef. Ek hang die wasgoed op met ‘n hart wat so grondlangs sleep. Op die regte oomblik vang my oog ‘n muisvoël wat besig is om in die eerste reënwater te […]
TOE ANTWOORD DIE KRANS
Tema: ’n Kerskomedie Oom Jan is die trotse eienaar van ’n spog-wynplaas tussen die Bolandse berge. Een van sy jarelange getroue werkers se naam is Krismis. By monde van homself het sy ma hom as Krismis gedoop omdat hy op Kersfeesdag gebore is. Krismis is ’n opperste platjie in murg en been. Oom Jan het […]
Gister se kersliggies.
As kind was Kersfees ’n wonderlike tyd. Die opwinding het reeds weke voor die tyd begin. Ons het koekies gebak en die kombuis was gevul met die reuk van speserye en soet gebak. Blink geskenkpapiere het onder die boom gelê, en dansende liggies het die nag laat lewe. Dit was ’n tyd van pure verwondering, […]