Kersdag in die Droogte
Kersdag in die Droogte
Dis Kersdag. My boerman is vroeg uit om die diere voer te gee, en ek sit op die agterstoep met ’n koppie koffie.
Terwyl ek oor die droë veld uitkyk, sien ek die brosdoring helderpienk teen die vaal van die veld. Die kontras laat snak my na my asem. Soos ek die skouspel bewonder, kom daar ‘n paar dorpers aangestap na die bos toe, en hulle begin vreet al die pienk sade van die bos af. Hulle vreet tot daar nie ’n enkele een oor is nie. Toe sê ek dankie dat die Liewe Here selfs in hierdie verskriklike droogte vir die diere sorg. Al is dit met net ‘n paar sade vir Kersfees. .
Ek wil ook soos ’n brosdoring wees wat blom selfs wanneer omstandighede op die slegste is en lafenis bring daar waar nood is. ‘n Brosdoring wat pienk blom in die droogte.
© Hester Steenkamp
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Desember 2024 – Kersfees projek