Kersfees-karaoke.
Kersfees-karaoke. By die Meiring-huishouding is Kersfees altyd ’n bietjie… anders. Vanjaar het Pa besluit om karaoke deel van die kersfeesvieringe te maak, met die doel om “familieharmonie” te bevorder. So breek Kersfees aan, en die verrigtinge begin. Ma sing met passie “Stille Nag,” maar haar stem is so hoog dat die bure se honde kermend begin […]
TOEKA SE RITUEELTJIES
TEMA: SO ONTHOU EK KERSFEES Vir my was die hoogtepunt van elke jaar Desembermaand. Wanneer die skool sluit en pa se verlof begin, is die Prefect gelaai vir ons Kersvakansie op Oupa se plaas. Hoe goed onthou ek nie die ritueeltjies nie. Die laaste skof plaas toe het Pa met kreun-stoot bewegings agter die stuurwiel […]
Christusfeesaroma
as die Christusfeesaroma jou hart oorstroom deurspoel die essensie van Kersfees jou gees Jessica Venter 12/12/2024
KERSFEES – ’N EKONOMIESE SNELTRYN?
[TEMA: DIE EKONOMIE VAN KERSFEES.] Globaal gesien het ‘kersfees-denkers’ omstrede opinies oor Kersfees, asook die oorsprong en betekenis daarvan. Oor een aspek, naamlik die kommersialisering van Kersfees, sal almal waarskynlik eenstemmigheid hê. Verbruikersielkundiges wys daarop dat dit wat die mens in sy alledaagse handel en wandel waarneem, ’n prominente rol speel in die mikro-ekonomie. Die […]
EENSAAM EN ALLEEN
TEMA: KERSFEES Vir baie bejaardes is Kersfees na my mening ’n tyd van groot hartseer. Soos vir die moeder wat netjies aangetrek, in die voorportaal van die ouetehuis sit en wag dat haar kinders haar kom haal. Senuagtig vroetel sy met haar verrimpelde hande in haar skoot. In haar handsak het sy twee geskenkies, netjies […]
GENADEFEES
TEMA: Kersfees Kersfees is ’n tyd wanneer vreugdevure hoog brand en dikwels met drankmisbruik en allerhande uitspattighede gepaard gaan. Daarbenewens is Kersfees ook ’n tyd waartydens geliefdes bymekaar kom. Geskenke word dan uitgeruil en seënwense teenoor mekaar uitgespreek. Maar ons is so geneig om met die viering van Kersfees te vergeet van God, en Sy […]
HEIMWEE
TEMA: SO ONTHOU EK KERSFEES. Die hoogtepunte in my kinderlewe was die jaarlikse viering van Kersfees op Oupa se plaas, in die opstal met sy spierwitgekalkte mure. Ouma se kombuis was die hartklop van haar huis. Met beesmis en perskepit uitgetimmer het haar vloere skitterblink gepronk. In die hoek het die koolstoof met klik-klak-geluide gekletter. […]
As die son …
as die son se oog die horison vlek en pêrelpienk oor die duineveld lek begin die nag se sterreprag wemel want dit is Kersfees ook in die hemel ——-ooo000ooo——- (©Pieter Mostert) [Silwer]
KERSFEES OF EKONOMIE FEES?
Die woord ekonomie is afgelei van die Griekse woord ‘oikonomos’. Dit is saamgestel uit die woorde, ‘oikos’, wat huis beteken en ‘nomos’, wat orden beteken, synde die beginsels waardeur sodanige huishouding bestuur word. Dus behels ‘oikonomos’ die ordening van ‘n huishouding. Ongeag of dit die mikro- of makro-ekonomie is, is dít die beginsels waardeur sodanige […]
Omgee tyd
Onthou ek hoe familie van vêr vroeër gekom het en vir ‘n paar dae oorgeslaap het. Wat saam kerkdiens bygewoon het op Kersdag voor die feesmaal. Toe gesinne en families nog volledig was behalwe as iemand weggeneem is deur die dood. Waar strate versier was en nie net huise en die boetebessie in Kerstyd ‘n […]