Die wonder van Kersfees
Kersfees kom en roep aarde tot stilstand in die glans van vrede, vreugde en liefde die viering van Jesus se geboortedag wat lig in donker wêreld bring en hoop. © Suzanna Letterink
Die geskenk (Silwer)
Kersfees klop aan die deur van my hart met ’n geskenkpakkie oorkruis verbind met rooi lint en my naam daarop die inhoud: Johannes 3 vers16 … ———–oo00oo———- ©Pieter Mostert
klingeling
jy is my liefling jy kos my niks jy ken nie verkwis jy dra my goue ring © Tearlach.
YWERIGE ELWE DES PROJEK
YWERIGE ELWE Des Projek Hulle het perskes gaan steel en Pa het hulle uitgevang! Al ses van hulle het BEHOORLIK RIEMGESPRING. Nou sit die Nel kinders beteuterd onder die appelkoosboom en wonder oor hul volgende avontuur. “Ek het dit,” kom Willie met ‘n plan vorendag, “’n spesiale kersgeskenk vir Pa! Hansie, jy gaan die […]
BOEMELAAR DES PROJEK
BOEMELAAR Des. Projek Op karton onder die ou brug wonder die boemelaar en sug waar sy dierbares nou sou wees op hierdie Heilige dag Kersfees. Marthie joubert.
Desember 2024 – Kersfees projek
Beste INKers, Die jaar 2024 het gekom en soos `n dief in die nag en snel verby ons gekruip, en nou, of ons wil of nie, het die laaste 31 dae aangebreek. Die somervakansie wink en so ook die wonderlike feestyd waarin die grootste enkele geskiedkundige gebeurtenis gevier word. Hierdie maand vier ons fees op […]
Na die storm. (SILWER)
Na die storm. Die wind raak stil, die lug is swaar as die skemer stil in vrees lê en staar. Die voëls verdwyn, die veld raak leeg met elke klank wat stil, swaar weeg, net die nag wat wag as wolke saam skaar. Die blougewelf breek oop in fakkels van vuur, en reëndruppels dans – […]
Geldmaak beloftes.
Geldmaak beloftes. Ons leef in ’n wêreld waar sukses blink en aanloklik geadverteer word, soos ’n kitsoplossing vir al jou probleme. Veral op platforms soos sosiale media, waar sogenaamde digitale bemarkers (of “aanlyn digitale bemarkingsghoeroes”) hul mooi beloftes soos konfetti strooi. Hulle vertel jou hoe maklik dit is om duisende rande te maak, wys jou […]
Nanag van die stomp skêr
Nanag van die stomp skêr. Die krakende houtvloer eggo nog in Ninke se ore, toe die kamerdeur stadig, krakend oop swaai. Versigtig trek sy die laken tot onder haar ken en knip-knip haar oë om beter te kan fokus in die maanverligte slaapkamer. Dis 03:00 in die oggend. In die donker deurraam neem […]
Sing my
Sing my – Brons Die kluitklap op die kissie, so wit soos my gesig, weergalm in my baarmoeder waar ek reeds die nuwe lewe voel. “O Here, gee my krag? Ek moet U nuwe skepsel net so lief hê, soos wat ek vir Christelle was?” Ek voel die son se strale oor […]