Desember 2024 – Kersfees projek
Beste INKers,
Die jaar 2024 het gekom en soos `n dief in die nag en snel verby ons gekruip, en nou, of ons wil of nie, het die laaste 31 dae aangebreek.
Die somervakansie wink en so ook die wonderlike feestyd waarin die grootste enkele geskiedkundige gebeurtenis gevier word.
Hierdie maand vier ons fees op INK met kort en kragtige skryfsels.
GEDIGTE:
1. Skryf `n enkele kwatryn.
2. Jou kwatryn moet die woord “Kersfees” bevat, maar mag dit nie as titel hê nie.
3. Dit hoef nie `n geestelike toon te hê nie.
4. Dit mag `n rympatroon hê of nie. Dit is jou eie keuse.
MENINGS:
1. Tema: Kersfees
2. Woordtelling: minder as 150 woorde
RUBRIEKE:
1. Tema: So onthou ek Kersfees
2. Woordtelling: minder as 250 woorde
ARTIKELS:
1. Tema: Die ekonomie van Kersfees
2. Woordtelling: minder as 250 woorde.
VERHALE:
1. Tema: `n Kerskomedie
2. Die verhaal moet komies wees.
3. Skryf `n vonkverhaal in minder as 250 woorde.
Innoverende mense skryf in Afrikaans.
Lekker skryf
Projekbestuurder.
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.