Jongste aktiwiteit:

Omgee tyd

Onthou ek hoe familie van vêr vroeër gekom het en vir ‘n paar dae oorgeslaap het. Wat saam kerkdiens bygewoon het op Kersdag voor die feesmaal. Toe gesinne en families nog volledig was behalwe as iemand weggeneem is deur die dood. Waar strate versier was en nie net huise en die boetebessie in Kerstyd ‘n kaartjie uitgeskryf het met ‘n Kersgroete. Waar jy op Kersdag nie vriende kon bereik want lyne was van vroeg tot laat oorlaai en moes jy ‘n oproep betyds bespreek om jou Kersboodskap oor te dra.

Was jy verwelkom by voordeur met ‘n rooibessie kerskrans en oral pragtige kersversierings in groen, goud, silwer, wit en rooi met ‘n denne kersboom met balle, flikkerende liggies en dwergies met ster aan punt van boom. ‘n Ry kerskouse het aan vuurherd mantel gehang op wat vir kersvader se persoonlik aflewering. Toe was daar nog ‘n familietafel wat versier was met brandend kerse, Kersfees bokke en klokke met fynste porslein eetware vir die tradisionele ete wat geopen was met ‘n tafel gebed.

Nostalgie kos was voorberei deur uithaler familie vroue: van skaapboud, wildspastei, geelrys, en  groete wat afgesluit was met Kersfees pennie-poeding wat kinders opgewek gemaak en laat eet tot hul magies bult. Met tuisgemaakte gemmerbier vrylik beskikbaar.

Dit was waar Jesus Christus families en vriende herinner aan Sy doel na aarde gestuur om mekaar vergewe en lief te hê wat vreugde en vrede bring. Terwyl kinders nog buite op grasperke die tradisionele speletjies kon speel.

© Suzanna Letterink




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed